POLITIEKE NOTABOEK | #GingersMoetVal

ONBEGEMMERD

POLITIEKE NOTABOEK | #GingersMoetVal

MAX DU PREEZ skryf oor die twee grootste ginger-mamparras, ons eie minister Lindiwe Zulu en pres. Donald Trump van die VSA.

DIE regering se grootste mislukking in sy hantering van die Covid-19-krisis is om na te laat om honger mense en veral kinders te voed. 

Ons sê nare goed oor ministers soos Nkosazana Dlamini-Zuma, Bheki Cele en Fikile Mbalula, maar die minister wat meer skouspelagtig gefaal het, is die een wat deesdae so graag in kamoefleer-chic met ’n Ché-pet paradeer: Lindiwe Daphney Zulu, a.k.a. Ginger, die minister van maatskaplike ontwikkeling.

Haar departement se eksplisiete taak is “maatskaplike ontwikkeling” en om “beskerming en welsynsdienste” aan die publiek te verskaf. Dit is die departement wat aan dié bepalings van die handves van menseregte in die Grondwet moet gestalte gee: “Elkeen het die reg op toegang tot… voldoende voedsel en water en maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.