DIE jare sedert die bestaan van 'n sogenaamde “rogue unit” in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in 2014 op die voorblad van die land se grootste Sondagkoerant beweer is, was “'n lewende hel”, het Johann van Loggerenberg my verlede jaar vertel toe ek met hom 'n onderhoud gaan voer het oor sy verbete stryd om sy naam in ere te herstel.
“Die nagmerrie" het begin met 'n sensasionele voorbladstorie in die Sunday Times in Oktober 2014 waarin beweer is dat Van Loggerenberg se eenheid by Zuma se huis ingebreek het om meeluisterapparate te plant.
Die Sunday Times se “rogue unit”-beriggewing was met die intrapslag die produk van bedenklike joernalistiek. So byvoorbeeld het die Zuma-kamp beweer dat die plant van die meeluisterapparaat plaasgevind het net nadat hy in sy verkragtigsaak onskuldig bevind is. Dit was middel 2006. Die sogenaamde “rogue unit” is eers in 2007 gestig. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.