Cyril is die alfamannetjie, maar hy is geen Moses nie

UITOORLÊ OF GATSKOP?

Cyril is die alfamannetjie, maar hy is geen Moses nie

Daar is geen twyfel nie dat die jongste dramas in die ANC ’n triomf vir pres. Cyril Ramaphosa en ’n bloedneus vir die Ace Magashule-kamp was. Het Ramaphosa nou genoeg selfvertroue en durf om die party verder skoon te maak en ongewilde stappe te neem om die ekonomie nuwe lewe te gee? MAX DU PREEZ gee sy ontleding.

’N MENS is amper in die versoeking om nou te wonder of Ramaphosa se befaamde langsame skaakspel, sy “long game” wat hom die laaste jaar soveel kritiek op die hals gehaal het, toe eintlik wel die korrekte een was en inderdaad vrugte gedra het.

Die vlaag van korrupsie, wanbestuur, dwarstrekkery en ekonomiese insinking maak dat die burgery daarna smag om hulle president te sien links en regs agterente skop, ministers en ANC-leiers afdank en skelms in die tronk gooi. As hy dit nie doen nie, dan sê mense hy is ruggraatloos; hy stel die ANC se belange bo dié van die land.

Maar Ramaphosa se aanslag is eerder een, in sy eie woorde, van konsensus soek en van die bou van sosiale kontrakte. Hy wil eerder uitoorlê as gatskop. Hy is pynlik bewus, dalk oorbewus, daarvan dat hy maar met 'n handvol stemme as ANC-leier verkies is, dat sy eie sekretaris-generaal alles in die stryd gooi om hom te ondermyn, dat die meeste lede van die liggaam wat die ANC beheer, die nasionale uitvoerende komitee (NUK), erg wispelturig is en net hulle eie belange dien, en dat hy nie op die volle ondersteuning van sy adjunk-president kan staatmaak nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.