’n Hupstoot uit Amerika, maar plaaslike hervormings bly kritiek

WELKOME VERLIGTING, MAAR ...

’n Hupstoot uit Amerika, maar plaaslike hervormings bly kritiek

Die aankondiging dat die Amerikaanse sentrale bank sy beleid oor inflasie gaan wysig, beteken dat die VSA se rentekoerse selfs vir langer as vroeër verwag op die huidige laagtepunt kan bly. Indien SA vroegtydig hervormings implementeer, kan die besluit van die Fed die opbrengs op positiewe aksies in SA selfs verder verhoog, skryf HUGO PIENAAR.

ONDANKS hernude politieke onstuimigheid in die aanloop tot die ANC se spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee-vergadering die afgelope naweek, het die rand verlede week onderskeidelik met 1.2% en 3% teenoor die Britse pond, euro en Amerikaanse dollar versterk. Hoewel weliswaar van swak vlakke, is die onlangse randbewegings op die eerste oogopslag verbasend. Maar soos vele kere in die onlangse verlede, lê die antwoord vir die skynbaar onverklaarbare wisselkoersbewegings in die buiteland.

Finansiële markte sit al geruime tyd op naalde en spelde oor die Amerikaanse Federale Reserweraad (die Fed, oftewel die VSA se sentrale bank) se vergadering in September. Die gefladder in die mae van markrolspelers voor die September-vergadering het nie net gegaan oor die moontlikheid dat die Fed dalk verdere stimulusmaatreëls sal aankondig nie, maar ook oor die uitkoms van ’n hersiening van die bank se beleidsimplementering.

Dit gaan hier veral oor die kombinasie van inflasie- en arbeidsmagtendense in die VSA wat die Fed kan noop om die beleidsrentekoers aan te pas. Meer spesifiek: Onder watter omstandighede sou die Fed gereed wees om die rentekoers te verhoog? Die Fed het ’n tweeledige mandaat, naamlik om prysstabiliteit (breedweg gedefinieer as inflasie van 2%) te handhaaf, asook om maksimum indiensneming in die VSA te verseker. Eenvoudig beskou het die mandaat tot op hede beteken dat indien die Fed verwag dat 1) inflasie oor ’n sekere vooruitskattinghorison bo 2% sou styg en/of 2) die Amerikaanse arbeidsmark in ’n gesonde toestand is, die bank gewoonlik daaraan sou begin dink het om die beleidsrentekoers te verhoog...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.