Adam se eerste vrou inspireer vroulike musikante

LILITH FAIR 'N MYLPAAL

Adam se eerste vrou inspireer vroulike musikante

Net soos Lilith nie teruggestaan het vir oorheersing deur ’n man nie, het die vroue-musiekkunstenaars in die 1990’s begin vlerke groei, skryf DOUW STEYN.

IN die Joodse folklore was Lilith, voor Eva, Adam se eerste vrou wat uit dieselfde klei gevorm is. In Genesis 1:27 lees ons God het die mens, man en vrou, geskep. Eva maak eers in Genesis 2 haar verskyning as mannin gevorm uit Adam. Adam slaak toe ’n sug van verligting en sê: “Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek.”

Lilith was blykbaar haar eie mens en toe Adam daarop aandring dat sy aan hom onderdanig moet wees, het sy hom daarop gewys dat hulle op dieselfde tyd geskep en dus gelyke vennote is. Toe Adam teëstribbel, het Lilith God se naam geroep, vlerke gegroei en weggevlieg na die Rooi See. 

Eeue lank het Lilith ’n negatiewe beeld gehad totdat die moderne feministe haar rol herinterpreteer het. Hulle wys daarop dat net sy God se naam geken het en dat dit haar toegelaat het om uit die tuin van Eden te vlug. Vandag is sy vir baie ’n simbool van die onafhanklike en bevryde vrou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.