ANASTASIA DE VRIES se rubrieke is tydloos; sy skryf meestal oor haar studente en haar bure en familie en gemeenskap, maar dit is vlymskerp sosiale kommentaar wat immer en oral relevant is. Hier is ses van ons gunsteling-Anastasia-skrywes van 2020.
IEWERS in die dae toe die nuwe Vrye Weekblad 'n besliste glinstering in die oog word en nie net meer 'n vae versugting nie, was daar 'n gesprek oor wie die beste rubriekskrywers in die land is – en wie ons dus moet vra om vir ons te skryf.
Een van die eerste name wat opgekom het, was Anastasia de Vries. Sy is slim en ervare (Anastasia het onder meer 'n DLitt in Nederlandse taal- en letterkunde aan die Vrije Universiteit in Amsterdam en was assistentredakteur van Rapport), maar dis haar gawe om fyn oor moeilike kwessies te skryf en terselfdertyd mense in haar lewensruimte in te nooi wat haar al 'n handvol pryse laat wen het.
Soos Marita van der Vyver in kommentaar onderaan een van Anastasia se rubrieke skryf: Anastasia, Anastasia, jy's voorwaar 'n mens met 'n kop en 'n pens. En jou woorde tref my elke keer iewers tussen my kop en my pens, hier by my hart rond...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DIE SIEL STRUIKEL
Woorde wat tussen kop en pens tref
ANASTASIA DE VRIES se rubrieke is tydloos; sy skryf meestal oor haar studente en haar bure en familie en gemeenskap, maar dit is vlymskerp sosiale kommentaar wat immer en oral relevant is. Hier is ses van ons gunsteling-Anastasia-skrywes van 2020.
Deel
IEWERS in die dae toe die nuwe Vrye Weekblad 'n besliste glinstering in die oog word en nie net meer 'n vae versugting nie, was daar 'n gesprek oor wie die beste rubriekskrywers in die land is – en wie ons dus moet vra om vir ons te skryf.
Een van die eerste name wat opgekom het, was Anastasia de Vries. Sy is slim en ervare (Anastasia het onder meer 'n DLitt in Nederlandse taal- en letterkunde aan die Vrije Universiteit in Amsterdam en was assistentredakteur van Rapport), maar dis haar gawe om fyn oor moeilike kwessies te skryf en terselfdertyd mense in haar lewensruimte in te nooi wat haar al 'n handvol pryse laat wen het.
Soos Marita van der Vyver in kommentaar onderaan een van Anastasia se rubrieke skryf: Anastasia, Anastasia, jy's voorwaar 'n mens met 'n kop en 'n pens. En jou woorde tref my elke keer iewers tussen my kop en my pens, hier by my hart rond...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.