Ferrari’s in Clifton wys hoe belasting skandelik én skadelik ...

DRINGENDE TAAK VIR SAID

Ferrari’s in Clifton wys hoe belasting skandelik én skadelik ontduik word

Suid-Afrika behoort alle moontlike maniere in te span om belasting te verhaal wat verskuldig is deur mense wat hul welvaart vir die SAID wegsteek, skryf DENNIS DAVIS.

  • 15 Januarie 2021
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • artikel 12 van 28
  • Dennis Davis

’N UITVOERBARE, gesonde belastingstelsel moet aan die vereiste van regmatigheid voldoen. In ’n samelewing met ’n skreiende kloof wat deur die diepgaande ongelykhede van Suid-Afrika veroorsaak word, kan daar geen regmatigheid wees wanneer so baie ryk mense steeds hul verpligtinge versuim om ’n billike deel van belasting te betaal nie.

Let op die gebruik van die woord “ontduiking” eerder as “vermyding”. As welvarende mense goeie belastingadvies kan bekostig om hul sake só te struktureer dat hulle hul belastingaanspreeklikheid binne regsparameters kan verminder, kan dit dalk ’n debat oor die moraliteit van sulke optrede laat ontstaan, maar dis nietemin wettig.

Hierteenoor is optrede in bepaalde ander gevalle wetlik én moreel gewetenloos. Soos om nie inkomste in ’n belastingopgawe te verklaar nie; trusts en maatskappye aan te stel, hetsy in Suid-Afrika of in belastingtoevlugsoorde of jurisdiksies met lae belasting, insluitende Mauritius, die Kanaal-eilande en Britse Maagde-eilande, in omstandighede waar beheer van die bates duidelik in ’n Suid-Afrikaanse belastingbetaler se hande is; of oorfakturering en ’n menigte ander tegnieke om doeanereg te omseil. Hierdie onderskeid bring natuurlik nog ’n kwessie vir verdere ondersoek na vore: die rol van belastingadviseurs in al hierdie praktyke...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.