×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
BELEGGINGSFOUT | Die vakansiehuis-flater

DROOMPALEIS

BELEGGINGSFOUT | Die vakansiehuis-flater

’n Belegging kan dalk baie belowend begin, maar later jou geduld beproef én ’n groot hap uit jou beursie vat. DAVID SHAPIRO het ondervinding hiervan.

  • 14 April 2021
  • Menings & Debat
  • 4 min om te lees
  • Artikel 4 van 8
  • David Shapiro

EK word dikwels gevra wat my grootste beleggingsfoute was. Ek het baie gemaak, maar vreemd genoeg was dit nie vanweë ’n swak aandeelkeuse in die mark nie, maar eerder die gevolg van sekere verhandelingsuksesse.

Soos in die vroeë 1980’s toe ek en my broers ná ’n goeie lopie in die goudmark besluit het om van die wins uit ’n familiebeleggingsmedium te neem en ’n vakansiehuis in Salt Rock aan die noordkus van KwaZulu-Natal te koop. Ek was een van vier broers. Drie van ons – ek, Harold en Ian – was getroud en het klein kinders gehad. Eric, die jongste, was nog ’n vrygesel.

Die huis was ’n salige kuseiendom met ’n lieflike panoramiese uitsig op die Indiese Oseaan. Dit was lugtig, ruim en ’n klipgooi van die strand. Vir vier stadsjapies was dit ’n ideale familiekuierplek om weg te breek van die gejaagde lewe in Johannesburg, en ons het dit heel gepas “HIDE Away” genoem (na aanleiding van Harold, Ian, David en Eric). As boekhouer van die familiebeleggingsmaatskappy het ek die rekenkundige en administratiewe verantwoordelikhede van hierdie nuwe onderneming aanvaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.