POLITIEKE NOTABOEK | Vasbyt, oom Jacob, min dae vir jou

OULIK IN ORANJE

POLITIEKE NOTABOEK | Vasbyt, oom Jacob, min dae vir jou

Jacob Zuma in ’n oranje oorpak in sel 7 met ’n blikbord en ’n toilet in die hoek sal die logiese en poëtiese uiteinde van ’n lang loopbaan van wanbestuur, magsmisbruik, korrupsie en staatskaping wees. MAX DU PREEZ skryf oor Msholozi se ‘long walk to jail’ en Mogoeng Mogoeng se ongeskiktheid as hoofregter.

DIE wekroep “jaar van die oranje oorpakke” word dalk binnekort, dalk selfs volgende week, op ’n dramatiese wyse waar. En dit gaan ’n keerpunt in Suid-Afrika se post-1994-politiek wees.

Die regters van die Konstitusionele Hof het Jacob Zuma mooitjies gevra om vir hulle te sê wat hy dink ’n gepaste straf sou wees vir sy weiering om dié hof se bevel te gehoorsaam. Hy het nou ’n vlieg-in-julle-moer-brief teruggeskryf waarin hy sê hy gaan weens sy “gewetensbesware” nie aan hulle prosesse deelneem nie.

Die hof het vandag as spertyd vir voorleggings oor Zuma se vonnis gestel. Dit beteken waarskynlik dat die hof reeds besluit het om hom skuldig te vind. Geen nuwe getuienis of voorleggings word ingewag nie, so kan dit die hof langer as ’n paar dae neem om Zuma te vonnis?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.