NOTA BENE | Staatskaping-as-sepie voor Zondo

WOELINGE OP WOENSDAG

NOTA BENE | Staatskaping-as-sepie voor Zondo

Norma Gigaba was Malusi se vuil Gupta-wasgoed voor die Zondo-kommissie. Oudminister Mosebenzi Zwane dans 'n riel, en Ace Magashule gaan nêrens heen nie.

EN daar, op die vooraand van die 27ste herdenking van ons demokrasie, speel die eenvoudige waarheid van staatskaping toe soos 'n sepie voor ons af.

Dit was meer Real Housewives of Bryntirion (waar die ministers in Pretoria bly) as geregtelike proses, maar ook 'n meer effektiewe vertelling van wat werklik tydens Jacob Zuma se nege verlore jare gebeur het as baie maande se komplekse getuienis voor regter Raymond Zondo (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2020-01-02-man-van-die-jaar-raymond-zondo/) se kommissie na staatskaping.

Die hoofakteur was Nomachule Mngoma-Gigaba, aka Norma Mngoma, aka Mevrou Minister Malusi Gigaba. Deeglik ge-botox, professioneel gegrimeer met 'n blonde weave, lang vals wimpers en 'n designer power suit. Ons eie Instagram influencer met meer as 'n miljoen volgelinge...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X