Die pyn van Sheikh Jarrah is ons pyn

‘LAAT DIE KINDERS LEWE’

Die pyn van Sheikh Jarrah is ons pyn

Ons is die gemeenskap van die Jerusalem-buurt Sheikh Jarrah, ons wat van South End en East Bank is, van Groenpunt en Sophiatown, Albertsville, Maluleke, Simonstad, en Cato Manor. Van Distrik Ses, Fietas, Goodwood, Parow, Paarl, Clairwood, Umkhumbane, Redhill … skryf MICHAEL WEEDER, dekaan van die St. George-katedraal.

DIE afgelope week is die land tussen die Jordaan en die Middellandse See, Palestina, getref deur die gewelddadige aanslag van die magtige en brutaal doeltreffende Israelse weermag. Daar was sulke ongelooflike wreedheid in hierdie konflik dat dit onmoontlik is om te ignoreer. Ons staan in die beskuldigdebank oor ons doodse stilte oor hierdie ewigdurende wond in die geskiedenis: Die Staat van Israel se brutale aanpassing van apartheid se etos van gierigheid, versteek onder die kleed van godsdiens.  

Die gemenebes van Suid-Afrikaanse gemeenskappe weet meer as die meeste ander mense van hoe lewens vir ewig onder die doodskleed van die herinneringe van ontneemde grond en die huise wat daarop gebou is, geleef word.   

O, die gemaklike arrogansie van die Joodse setlaar se reaksie op 'n Palestynse vrou se protes wanneer hy haar eiendom probeer afvat: “As ek dit nie doen nie, gaan iemand anders wel ..." So seker was hierdie oortreder, op grond van sy gevestigde regte as 'n burger van Israel, dat die howe in sy guns en die guns van die ander plunderaars sal beslis, en daardeur hulle ongeregtigde wettige geregtigheid daarop om ander van hulle grond en huise te ontneem sal bekragtig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.