NOTA BENE | Dis maar múf in Cyril se kabinet

IN DIE NUUS

NOTA BENE | Dis maar múf in Cyril se kabinet

Drie Ramaphosa-staatmakers in die kabinet is in die sop, en die voorste kampvegter vir radikale ekonomiese transformasie het toe eintlik net die Guptas se bankrekening getransformeer.

HOE groter die krisis op vele fronte in Suid-Afrika word, hoe kleiner word pres. Cyril Ramaphosa se poel eerlike en bekwame ministers.

Sy probleem is dat minstens drie van die kabinetslede wat na regte sommer voor sononder hulle goed behoort te vat en trek, waardevolle ondersteuners van sy wankelrige leierskapsposisie in die ANC is: die minister van gesondheid, Zweli Mkhize; die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe; en die minister van vervoer, Fikile Mbalula.

Pieter-Louis Myburgh, ondersoekende joernalis van Scorpio, het dié week onthul (https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-05-23-exposed-dohs-r150m-digital-vibes-scandal-zweli-mkhize-associates-charged-millions-for-covid-19-media-briefings/) dat skaduagtige sakelui met bande met Mkhize sy departement met omtrent R90 miljoen gerook het. Die maatskappy Digital Vibes het die departement selfs miljoene laat betaal om Mkhize se mediakonferensies te reël en saam met hom in gemeenskappe rond te loop. (En dit terwyl die departement sy eie mediaseksie het – en die kommunikasie rondom die inentingsveldtog veel te wense oorlaat.) ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.