Peter Bruce was hoofredakteur van Business Day, Financial Mail en ABC, die uitsaaier van die Business Day TV-, Home Channel- en Ignition-kanale. Hy beskryf homself as ’n media-junkie, ’n bittereinder-aanhanger van die Proteas en Springbokke en ’n hopelose Sharks-ondersteuner.
HOUTGERUS EN VERKEERD
Delta is oral, so ons móét na die regte mense begin luister
Die president benodig raadgewers wat vir hom sê wat aangaan, nie 'n klomp selfingenome meelopers nie, skryf PETER BRUCE.
Deel
DIE tweede vlaag van die pandemie het op 7 Mei sy piek in Indië bereik met 389,672 gevalle daardie dag – heel waarskynlik 'n ondertelling – aangevuur deur die skrikwekkende nuwe variant van die virus, wat nou “Delta" gedoop is. Die omvang van die lyding in Indië is onvergeetlik. Die wêreld het in afgryse toegekyk hoe mense gesterf het terwyl hulle oral na suurstof soek.
Tussen die begin van die tweede vlaag op 11 Februarie en die piek in nuwe gevalle op 7 Mei het bykans 90,000 Indiërs gesterf. Op daardie selfde 7 Mei het Suid-Afrika 1,630 nuwe gevalle aangeteken. Op 15 Mei is 341,142 nuwe gevalle in Indië aangemeld en 2,645 in Suid-Afrika. Op 1 Junie was dit 164,291 in Indië en 4,483 in Suid-Afrika.
Op Sondag 20 Junie het Indië se nuwe gevalle tot 60,687 gedaal. Ons s'n het opgeskiet tot 10,891. Op dieselfde dag het eNCA se versigtige Omar Essack 'n onderhoud gedoen met prof. Barry Schoub, hoof van die ministeriële advieskomitee oor inentings. Essack het gevra: “Is die Delta-variant, wat veronderstel word om 60% meer oordraagbaar te wees, tans in Suid-Afrika, en is dit 'n kommerwekkende variant?"..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelPeter Bruce
Joernalis en rubriekskrywerPeter Bruce was hoofredakteur van Business Day, Financial Mail en ABC, die uitsaaier van die Business Day TV-, Home Channel- en Ignition-kanale. Hy beskryf homself as ’n media-junkie, ’n bittereinder-aanhanger van die Proteas en Springbokke en ’n hopelose Sharks-ondersteuner.