Wat stukkende dorpe hier en elders vir ons vertel

FLENTERDORPE

Wat stukkende dorpe hier en elders vir ons vertel

Waar het ek soveel erbarmlose afbraak al gesien soos in ons droewe land, ons flenterdorpe, met paaie en strate vol gate? Toe onthou ek: jare gelede in Joegoslawië op pad Griekeland toe. Deur ABRAHAM H. DE VRIES.

Verhale staaf feite. - Anoniem

Miskien lyk dit nie oral so nie, maar 'n mens wil huil as jy in hierdie “droewe land” van ons dorpe sien, dorpe soos dié wat Dana Snyman al beskryf het. Dorpe waar die pleister van geboue oral afval. Waar die kerk se voorhekkie skeef hang, as daar nog inwoners is om dit te gebruik. Flenterdorpe met  strate vol gate soos in die paaie daarnatoe  en daarvandaan weg. Dorpe wat lyk of dit klaar vergaan het.   

Waar het ek soveel erbarmlose afbraak al gesien? Toe onthou ek: jare gelede  in Joegoslawië op pad Griekeland toe. In 'n heeltemal ander konteks (“stilte”) het ek lank gelede ook iets vertel van dié rit wat vir ons toe enig in sy soort was. Joegoslawië was 'n bekende land met 'n ingewikkelder geskiedenis en meer teenstellings as menige ander gebied. Vandag is dit nie 'n meer 'n land nie. Joegoslawië is die noemnaam van 'n gebied wat sedert die begin van die 1990's bestaan uit die huidige ses aparte state met hul eie name...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X