NOTA BENE | Om te gryp of nie te gryp nie – die geval Zuma

WOELINGE OP WOENSDAG

NOTA BENE | Om te gryp of nie te gryp nie – die geval Zuma

Gaan Jacob Zuma teen vanaand by Nkandla opgepik word of nie? Is daar 'n plan? Of is Suid-Afrika nou soos Colombia wat sukkel om sy dwelmkartelleiers in hegtenis te neem, vra MAX DU PREEZ.

DIE patetiese hantering van die krisis rondom die inhegtenisneming van Jacob Zuma die laaste klompie dae is 'n refleksie van die besluiteloosheid, rigtingloosheid en interne verdeeldheid van die ANC en die regering waarvan Suid-Afrika nou al lank die slagoffer is.

Al van die naweek af sit bekommerde, verwarde Suid-Afrikaners en wag om te sien wat aan die blatante uitdaging van die staat en sy monopolie op geweld en van die regbank gedoen gaan word. Teen gisteraand (Dinsdag) was daar nog steeds geen sekerheid nie, net baie propaganda en dreigemente.

Die minister van polisie, Bheki Cele, kon nie besluit of Zuma ingevolge die Konstitusionele Hof se bevel teen vanaand in hegtenis geneem moet word en of dit moet wag tot sy saak Maandag weer deur die hof oorweeg word nie. Sy teenstrydige uitsprake het tot groot verwarring gelei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.