NOTA BENE | Wil die EFF die RET-lieplappers hê?

WOELINGE OP WOENSDAG

NOTA BENE | Wil die EFF die RET-lieplappers hê?

Ivanka Zuma vry na aspirant-president Julius. Donker magte hou aan op sosiale media roer en die kuberaanslag op ons hawens begin byt. Deur MAX DU PREEZ.

HY gaan Suid-Afrika se volgende president wees en hy wil nie ’n gebroke land erf om te regeer nie, sê die EFF-leier, Julius Malema.

Dís hoekom hy destyds by Jacob Zuma by Nkandla gaan tee drink het – hy wou Zuma oortuig om die Konstitusionele Hof se straf te aanvaar, sê Malema. Hy het tot nou geweier om te sê wat hy en Zuma bespreek het.

Die probleem is natuurlik dat ons nie weet of ons vir Malema kan glo nie. Hy lieg en slaan bollemakiesie soos min ander Suid-Afrikaanse politici. My vermoede is dat die anargie van twee weke gelede die EFF eintlik goed pas. Hoe groter die onstabiliteit, hoe beter teelaarde is daar vir goedkoop populiste. En die EFF sien KwaZulu-Natal is die streek waar hulle die sterkste kan groei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.