‘RET-vodderapers is verantwoordelik vir plundersterftes’

FLOREER IN RIOOL

‘RET-vodderapers is verantwoordelik vir plundersterftes’

Hulle gee voor dat hulle vir armes omgee. Hulle gee nié om nie. Hulle wil plunder en onderdruk, en daarmee wegkom, sê JUSTICE MALALA.

HULLE sal vir jou lieg, hierdie vals revolusionêre. Hulle sal jou kinders stuur om in ’n brandende winkelsentrum te gaan sterf, hierdie vals Che Guevaras en vals Marxiste, en vir jou vertel dat hulle die “struggle” veg. Dan sal hulle hul Armani-pakke aantrek en Veuve Clicquot drink terwyl jy oor jou dooie seun en bejammerenswaardige dogter treur.

Ek praat van die vals revolusionêre wat minstens 337 van ons mense in winkelsentrums, op die strate, in koue, eensame plekke in stormlope onder ander se voete na hul onwaardige dood gestuur het. Hierdie beweerde “leiers” en hul families het in hulle warm spoghuise gesit en tweet om aan te stig en op te sweep. En só is armes uitgestuur om uiteindelik te gaan sterf. Hierdie vals revolusionêre verskil nie van baie ander wat ons al voorheen gesien het nie – hulle plunder die staat, sorg vir hulle eie families en gebruik die armes as voer wanneer die lang arm van die gereg na aan hulle begin kom.

Wat doen jy as jy niks betekenisvols het om tot ’n samelewing by te dra wat self spesifieke doelwitte vasgestel het en dit bereik nie? Jy skep chaos. Jy ondermyn en breek alles waaraan daardie samelewing waarde heg totdat net chaos oral oorbly. Dan dwing jy daardie gemeenskap om jou te smeek om op te hou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.