Wie ís dit wat so spoke opjaag?

VAN LIKKEWANE TOT 5G-TORINGS

Wie ís dit wat so spoke opjaag?

Mense wat samesweringsteorieë aanhang, kyk eenvoudig anders na die wêreld, skryf MARGARETE HEESE. Navorsing toon hulle sien patrone wat nie daar is nie, voel onseker in hul eie verhoudings, en is minder geneig om aan sosiale norme gehoor te gee.

DIE ander dag vererg ek my weer vir 'n familielid van 'n familielid wat onsinnighede oor die sogenaamde gevare van Covid-inentings op Facebook uitbasuin. Dit gaan my verstand te bowe dat soveel mense die pad (van insig) byster geraak het, en ek wonder hoeveel van die irrasionele denke aan vals inligting op die internet en indoktrinasie deur sosiale media te danke is.

Tog is samesweringsteorieë nie 'n verskynsel eie aan ons tyd nie, maar dateer uit die vroegste beskawings, veral tydens rampspoedige tye soos terreuraanvalle, natuurrampe en pandemies.

Gedurende die antieke Romeinse beskawings was die stadsmure die man op straat se demokratiese uitlaatklep. Romeine het hul griewe, drome, advertensies, politieke standpunte en ook samesweringsteorieë op mure gegriffel net soos die mensdom dit vandag op sosiale media doen...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.