‘Moenie ’n skreeubalie wees nie, jou tee word koud’

SOOS DIT DIE HOF BEHAAG

‘Moenie ’n skreeubalie wees nie, jou tee word koud’

Die sirkustonele wat deesdae in ons howe opduik, herinner CHRIS MARNEWICK SC aan die subtiele en dikwels vlymskerp skermutselings tussen bank en balie wat hy in sy loopbaan beleef het.

OP YouTube kan ons oor en oor kyk hoe ’n senior advokaat, Dali Mpofu, tydens die staatskapingsverhoor sy opponente, die minister van openbare werke, Pravin Gordhan, en Michelle le Roux, toesnou dat hulle moet “shut up”.

Die interaksie tussen regter en advokaat kan robuust wees, maar ’n advokaat se taak is oorreding, nie modder gooi en baklei nie. Sulke skermutselings tussen bank en balie skep weliswaar vermaaklike inhoud vir sosiale media, maar daar is perke wat ’n goeie advokaat en regter nooit sal oorskry nie.

Mpofu se uitlatings is so ongeskik dat ek weier om die letters SC agter sy naam te plaas. Meer onlangs het hy vir regter Jerome Mnguni probeer boelie met dié verregaande stelling: Sou die regter nie toegee aan Mpofu se eise nie, sou dit ’n “tweede Marikana” ontketen. Dis onwaarskynlik dat die Raad vir Regspraktyke teen Mpofu sal optree. Hy het reeds die rassekaart uitgehaal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.