SELFS aan die Wes-Rand is dit nie altyd maklik om ’n praktiserende satanis te wees nie, vertel Antie Chris my nou die oggend oor die foon toe sy my nooi om haar kerk se eerste basaar te gaan bywoon. “Weet jy, Hartjie, die meeste mense het só ’n wanindruk van waaroor ons kerk gaan. Hulle dink dis alles net seks en draks en katte slag, maar in werklikheid is ons baie lief vir diere.”
Hier by die departement djenderstudies aan ons universiteit is ons gewoond aan wildvreemde mense wat bel met een of ander versoek, maar ek moet bieg Antie Chris se oproep het my onkant betrap. Ek het nog altyd gedink groen popcorn en die Fluitende Predikantsvrou op langspeelplaat is min of meer die grootste onheil waartoe ’n kerkbasaar in staat is, maar hier het nou ’n hele nuwe wêreld van boosheid gewink.
Maar nee, stel Antie Chris my toe gerus, “Ons is eintlik goeie mense. Daar is selfs ’n hartchirurg, dertien prokureurs, 16 Vestal Virgins en 144 mountain bikers in ons geledere. Dis hoekom ons jou na ons basaar toe nooi, sodat jy vir jouself kan kom kyk wie ons is en wat ons doen.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Agent DD bring ’n boodskap vir Juliet Zoeloe