Die seksuele ontplooiing van bejaardes en ander probleme met die ...
SAK VIR VYF
Die seksuele ontplooiing van bejaardes en ander probleme met die действительность
Terwyl die middel-apokaliptiese tydsgees nou in al haar besetenheid woed, het C. LOUISE KORTENHOVEN ’n tydjie afgeknyp uit die loopgrawe van die djender-oorlog om vyf van haar eie gunstelinge uit Vrye Weekblad se aanbod van die afgelope jaar aan lesers voor te hou.
VROEG in Januarie was die dra van maskers, die gereelde was van hande en die handhaaf van fisieke afstand nog konsepte wat in ’n seksuele konteks slegs van die heel goedkoopste sitplekke in die arena van die denkbare kon bekostig, by wyse van spreke.
Daarom is dit geen verrassing nie dat die skryfster Marita van der Vyver se rubriek van daardie maand onder die opskrif “’n Krakende bed en gille van genot” ten volle gebuk gegaan het aan die afwesigheid van enige van hierdie terminologie. Vir dieselfde rede verwek hierdie rubriek soveel plesier om te gaan herlees in ’n tyd waarin ons as ’t ware gekondomiseerd met die lewe moet omgaan.
Op haar tipies deurtastende manier blaas Marita nuwe lewe in eens gewilde versugtinge, soos die verskynsels van seks ná die huwelik, seks ná vyftig, of seks met 'n stereofoniese klankbaan: “Die sogenaamde leë nes is 'n fantastiese plek vir twee ou love birds om mekaar weer te leer behaag. Baie beter as 'n nes vol kuikens. Ná soveel jare van stil seks kan dit 'n absolute bevryding wees om weer 'n slag te gil van genot. Om 'n gedempte sekslewe in 'n skouspel met 'n klankbaan te verander.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelC. Louise Kortenhoven
KampvegterDr. C. Louise Kortenhoven is ’n djender-aktivis en kampvegter vir maatskaplike geregtigheid. Sy het ’n PhD (summa cum laude) in eiendomsbestuur aan die voormalige Trump University in New York.