‘My man, my verkragter’

UIT DIE ARGIEF

‘My man, my verkragter’

'n Verkragter is dikwels bekend aan die slagoffer. Dit kan selfs haar eie man wees – en die pyn is des te erger, veral wanneer die skyn van 'n gelukkige huwelik bewaar moet word. SONJA GROBBELAAR (nie haar regte naam nie) het jare lank geswyg, selfs met haar uiteindelike egskeiding. Maar toe sy in 1992 'n Vrye Weekblad-artikel oor die nagmerrie-ervaring van 'n RAU-student gelees het, het sy besef: Deur haar stilswye het sy deelgeneem aan haar verontmensliking. In die VWB van 22 Mei 1992 vertel sy haar ontstellende verhaal.

  • 08 September 2021
  • Vrye Denker
  • 9 min om te lees
  • artikel 8 van 11
  • Sonja Grobbelaar

EK het toegelaat dat ek verkrag word. Nóg my opvoeding nóg die huweliksformulier het my ingelig oor parasitêre penetrasie. Ek het dus my paleisgange bewandel, die elite om my tafel gevoed en my kinders se voete in ingevoerde tekkies geskoei sonder om te besef ons leef pretensie totdat dit waarheid word.

Niemand het geweet ek lap my onderklere en word soms wakker met ontlasting aan my gesig nie. Ek het stilweg vet geword. En dom. Ek het in die agterhoek van die tuin gebid en slierte sondes deur die peperboom se takke gevleg in my soeke na samehang en sin. Dan het ek met hernude ywer die voordeur vir die mense oopgemaak en my woedende man tussen my bene ontvang.

Arrogante dogmatiek: Alles is wel, dit gaan goed met ons. Die pyn was verskuil, maar orals. Pyn sonder insig. Skuld. Dít het ek geken nog voordat ek my naam herken het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.