Imtiaz Sooliman: die man wat géé, géé, géé

LEES WEER

Imtiaz Sooliman: die man wat géé, géé, géé

Gift of the Givers is die grootste rampreaksie-agentskap in Afrika. Van veldhospitale in Sirië tot droogtehulp in die Karoo – oor die wêreld heen help dié organisasie, wat vandeesmaand 28 jaar gelede gestig is, daar waar die nood druk. Sedert die uitbreking van die pandemie was hulle aan die voorpunt in die stryd teen Covid-19. ANNELIESE BURGESS het in Julie verlede jaar gesels met die charismatiese mediese dokter wat Gift of the Givers op die been gebring het.

IMTIAZ SOOLIMAN het altyd 'n hand vol fone wat gelyk lui. Hy hou kop tussen hulle almal deur. Daar is 'n swetterjoel mense om hom wat spring soos wat hy opdragte gee, en nou met Covid-19 is hulle is so oorweldig dat hy 24/7 rondhol. Só vertel 'n kollega wat hom goed ken en al 'n hele paar keer saam met Gift of the Givers (GOTG) op hul sendings was.

Dat daar nie genoeg minute in die dag is vir alles wat aan sy kant moet gebeur nie, is duidelik uit sy en my heen-en-weer gewhatsapp. Byna twee maande lank probeer ons 'n tydjie kry om te gesels. 

“Very hectic day today... I have meeting with medical school in Durban and a whole range of lab technicians, virologists and professors, and several meetings with other people. Will see if I can fit something in."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.