SAUK-bloedbad: RSG spartel om oorlewing

WOEDE KOOK OOR IN AUCKLAND PARK

SAUK-bloedbad: RSG spartel om oorlewing

Die SAUK is nou al jare lank 'n donker put van depressie en onsekerheid. Maar die gemoedere het hierdie week behoorlik opgevlam toe die raad afdankingsbriewe uitdeel en stories begin loop dat dit die einde is van RSG, Suid-Afrika se grootste Afrikaanse radiostasie. ANNELIESE BURGESS ontrafel die drama.

SKOKGOLWE het ver buite die uitsaaitorings van Auckland Park getrek toe dit bekend word dat die land se grootste Afrikaanse radiostasie, RSG, net twee permanente lede behou in die SAUK se omvattende herstruktureringsplanne. RSG gaan toegemaak word, het die nuus op sosiale media en tot in luisteraars se huise versprei. 

Nie net Afrikaanssprekendes het hulle ontsteltenis te kenne gegee nie – dit is wyd veroordeel as 'n aanslag op Afrikaans. Ook regse groepe het onmiddellik op die wa gespring.

“Niemand weet wat aangaan nie," sê Foeta Krige, voormalige uitvoerende regisseur van die aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum wat steeds insae in die binnewerkinge van die SAUK het. “Die konsultasieproses was uiters gebrekkig. Wat kommerwekkend is, is dat die besluite geneem is deur mense met bitter min uitsaai-ervaring."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.