BULHOND
Glynnis Breytenbach se ‘mafia-strategie’ om staatskapers in die tronk te kry
Glynnis Breytenbach is rof en onbeskof, maar op 'n baie gesofistikeerde manier, skryf ANNELIESE BURGESS nadat sy dié week saam met haar gekuier het. Dit gaan oor hóé ons staatskapers in die tronk kry, sê die voormalige topvervolger van die nasionale vervolgingsgesag en deesdae die DA se skaduminister van justisie.

Deel
GLYNNIS Breytenbach raak byna apoplekties toe ek haar vra wat sy dink oor amnestie vir staatskapers. Dis 07:30 in die oggend.
Ons praat op die foon (sy “doen nie" Skype nie). Dis bietjie chaoties. Haar foon is op luidspreker, want sy is besig om ontbyt te maak en haar honde blaf in die agtergrond. Myne is ook op luidspreker, want ek moet notas neem, maar my buurman is alweer besig met sy onkruidsnyer-obsessie en ons gesprek verdrink in lawaai. In 'n stadium is daar 'n groot kabaal aan haar kant – 'n voël het die huis binnegekom en die honde probeer die arme duif doodbyt. Sy sê sy bel terug sodra sy die gedierte gered het en kort voor lank is sy weer op die lyn.
Ek vra haar mening oor amnestie en met dié rys Glynnis se stem só met emosie dat dit soos 'n mes deur die geraas om ons sny...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelAnneliese Burgess
MederedakteurAnneliese Burgess is mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.