Op die spoor van ’n vermeende reeksverkragter ...

GEREGTIGHEID. AKTIVISME. KUNS. EN WRAAK.

Op die spoor van ’n vermeende reeksverkragter ...

Deon Wiggett is op 17-jarige ouderdom verkrag. Sy hele lewe lank het hy daarvan vergeet, maar in die traumatiese nadraai van sy pa se dood het die herinneringe weer begin spook, en het hy besluit om die man wat hom meer as twee dekades vantevore verkrag het te ontbloot. So vertel hy in sy podsending dáároor, My Only Story, wat die land die laaste paar weke aan die gons het. ANNELIESE BURGESS vertel meer.

EK bel 'n paar minute vroeër as afgespreek. Deon “hallo antie" my  soos altyd entoesiasties, maar daar is 'n vreemde skadu in sy stem. Hy sê hy bel oor 'n paar minute terug. Ek sien 'n News24-nuusflits op my foon - “Media exec, Willem Breytenbach, arrested for sexual assault". 

Daar is 'n video. Ek klik daarop. 'n Groot man in kortmou-ruitjieshemp en 'n dikraambril word uit 'n siersteenhuis na 'n wit kar gelei. Die man het 'n groot boepens. Hy sukkel bietjie om in te kom op die agterste sitplek. 'n Polisiebeampte staan geduldig en wag voordat hy die deur toedruk. Die man kyk stip voor hom uit terwyl die kar wegry.

Onheilspellend..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X