Om te praat oor die goete waaroor ons nie praat nie

STILBLY MAAK OOK SEER

Om te praat oor die goete waaroor ons nie praat nie

ANASTASIA DE VRIES wou die jaar op ’n ligte noot eindig, maar haar studente het haar kom herinner aan die minder “mak goete" van die lewe, die onsêbare dinge. Dit is dus haar joernalistieke en menslike plig om te skryf oor dít wat ons van binne af opvreet ...

EK het gedog ek sou die jaar op ’n mooier noot kon afsluit. Maar nou weet ons mos almal wat dog gemaak het. Dus, vir nou g’n gelofsangery oor bytjies en blommetjies vir dié lekke ekke nie. Nee, ek dra pyn aan (vir dié wat op dié punt wil ophou lees).   

Dit was 28 November. Van die studente het kom groet. Die eksamen was verby. Sy het haar soos gewoonlik op die lae stoeltjie langs myne kom neerplak. Sy gaan eendag ook ’n joernalis word, het sy ná ’n ruk gesê. Maar sy wil tog net nie oor mak goete skryf nie.

Waaroor dan, het ek gevra. Dis maklik om oor geweld teen vroue en kinders te skryf as die bekruipers buite rondloop, as jy nie hul naam ken nie, as hulle jou nie ken nie, het sy ná ’n ruk my vraag beantwoord. Maar as hul bloed in jou are sit, as hulle onder jou dak is .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X