Ná die Groot Rugby is solidariteit in óns hande ...

DOEN JOU DEEL

Ná die Groot Rugby is solidariteit in óns hande ...

“Amandla ngawethu!” Die woorde was uit my mond voordat ek dit kon keer. The power is ours. Om ons deel te doen. Vir volk en vaderland. Dis nou in ons hande. My hande, skryf ANASTASIA DE VRIES.

ONS was weer ’n solidarity. Die dag van die Groot Rugby. Hulle’t hul deel kom doen. Vir volk en vaderland. In die nagloed van oorwinning versprei die vuur van ’n ou strydkreet in die woorde van Siya en Rassie soos ’n evangelie deur die land: “Amandla!” “Awethu,” koor die wedergebore gelowiges.

Ons kon weer glo. Wou weer glo. Amandla ngawethu! Dis in ons hande. ’n Ou vryheidslied kom ry op my tong: “Die mammies, die pappies, die hondjies, die katjies, is saam in die struggle ...”

Elders ’n gemor oor komplotte, oëverblindery (asof dié wat wil glo nie daagliks die werklikhede van dié land aan eie lyf voel nie), roep die afvalliges en onbekeerdes kleur, ras en die verlede (wat tog seker altyd saam met ons sal loop) soos die Here se heilige naam aan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.