Sal dies wat so raas en blaas oor Afrikaans net ’n slag uit...

DIE VOORTSLEPENDE TAALSAGE

Sal dies wat so raas en blaas oor Afrikaans net ’n slag uit die water uit staan, seblief

Daar is geen taal waarvan ons kan sê dat dit tot die verlede behoort en dat dit daar moet bly nie, het die president gesê. ANASTASIA DE VRIES stem saam, en voeg by: veral nie Afrikaans nie.

DIE problem mit feelings koppel is lat djy kan overkoppel en late sikkel om wee te unkoppel, skryf die uitvinders van die Kaapse handelsmerk, Vannie Kaap, op die webwerf van hul aanlynwinkel. “Soe moetie feelings koppellie!”, sê Marc Jacobs, mede-eienaar.

U moet gelysterit, mieste Lesufi. Wan sienie ou wat kô van overkoppel? Soe sittie ou nou vas aanie Dên van Praag soes str... uhhh klitsgras an ’n wolkoebês. Lekke wies, masekin! Die ou wíl mos tonge krap om te sien an watte kantie wange hang. Soe koppel maa nog.

En vat ons maar sommer twiet vir twiet eiehandig terug na ’n verlede toe Afrikaans voorgehou is as ’n witmenstaal, asof ekke en sprekers soos ekke, die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes, nie bestaan nie. Nee, die oempie whitewash ons glads uit onse eie taal uit, sê een van my studente toe ons die dag ná Erfenisdag die diskoers rondom Lesufi se Afrikaans-twiets ontleed...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.