Mandela het ook die rol van skouspel en vertoonpolitiek goed verstaan

MADIBA

Mandela het ook die rol van skouspel en vertoonpolitiek goed verstaan

Reeds lank voor sy vrylating het Nelson Mandela ’n goeie besef gehad van hoe rugby in Afrikanerkringe as ’n werktuig gebruik kon word. Dit was ’n les wat hy nie vergeet het nie, skryf ALBERT GRUNDLINGH.

  • 08 November 2019
  • Mense & Kultuur
  • 10 min om te lees
  • artikel 12 van 31
  • Albert Grundlingh

DIE Wêreldbeker-oorwinning het weer gewys watter rol staatshoofde speel in die projeksie van “nasiebou” gegrond op gebeure op die sportveld.

Onlangs was dit ’n kennelik ingenome Cyril Ramaphosa wat die oorwinning ingespan het om nuwe hoop vir Suid-Afrika te voorspel. In 2007 het Thabo Mbeki, effe meer besadig, ’n soortgelyke roete gevolg, en in 1995 was dit natuurlik die hiper-ikoniese Nelson Mandela.

Van al hierdie leiers staan Mandela uit as ’n beliggaming van ’n magiese oomblik toe hy saam met kaptein François Pienaar triomfantelik die trofee omhoog kon hou ná ’n naelbytsege oor die All Blacks in die destydse Ellispark-stadion in Johannesburg. Dit was ’n geleentheid van sodanige omvang dat Mandela, wat selde indien ooit al ’n rugbybal vasgehou het, in 2015 ná sy dood ’n staanplek in die Wêreldrugby- heldesaal  in Brittanje gekry  het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.