DIÉ spoor begin wel nie op Hakskeenpan waar Bloodhound LSR (Land Speed Record) probeer om die die wêreld-landspoedrekord van 1,000 myl per uur te breek nie. Eerder op Verneukpan, 'n klompie jare gelede. Of liewer, op die nabygeleë Brandvlei (die dorp, nié die pan nie) en by Kola Sandberg, gewese eienaar van die plaas waarop 'n groot gedeelte van Verneukpan lê en waar Malcolm Campbell in 1929 onsuksesvol probeer het om die rekord met sy Napier-Campbell Bluebird te breek.
Kola herinner baie aan Gregory Peck en ek is skaars oor die drumpel of hy klap my met dié dwarsvraag: “Jy moet besluit waaroor jou storie gaan. Is dit oor panne, vloere, kolke of vleie?” Is daar 'n verskil? “Natuurlik! Panne is panne. Vloere is vloere. Kolke is kolke. En vleie is vleie!”
Dit maak sin. Ek vra die volgende logiese vraag...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.