SWEER sal ek nou nie sweer dat daar ’n stukkie Egipte in my bloedlyne sit noudat ek so ougat raak met die klogoed se nuwerwetse hiërogliewe nie. Emoji’s. Nie daai gewone ou bollewang-gesiggietjies nie; dié is net te flou, soos sinne sonder werkwoorde. Ek praat van ’n prentjietaal wat jou agter ’n storie laat aanlóóp, laat dans, pure Egiptenaar.
Kyk, wys my die apiegesiggies waarmee studente deesdae hul e-posnavrae oor dit, dat en die ander volprop, en ek vertel jou hoe desperaat, hoe beangs of opgewonde hulle oor ’n kursuswerkpunt of die naderende eksamen is. Net soms ja, draai ek nog in die rook oor daai handjies wat soos uitroeptekens uit ’n e-pos in jou oog spring. Wat moet ek hieruit aflees, vra ek dan, uit dié klompe handjies? Trek jy pliebaadjie aan en soebat vir nog ’n kans? Klap jy hande vir die uwe (dankie! Dankie! Dankie dan!)? Of roep jy vir my ’n week van gebed uit, pleit die Bloed oor my uit? Hoekom? Vertel, vertel.
Hy’t ’n ruk lank swyend oor die tatoe op sy voorarm gestreel. Dis mooi, het ek gesê. Drie voëltjies op ’n tak. Hul vlerke raak-raak aan mekaar. En een in vlug. “Dis my ma,” het hy gesê. “Sy is dood.” Twee, drie jaar gelede. “En dis my pa, my broer, ek. Hier, hier is ons bymekaar. Vir altyd. Ons gesin.” Nie maar net ’n kunswerk gegraveer in ink op vel nie. Nie maar net vir die mooi, ’n versiersel nie. Jou lewe ingegrif op jou lyf, het ek gesê...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
VELTAAL
Daar’s ’n storie agter emoji’s, tatoes, tjappies en stoekas
Sommige mense maak stories uit woorde, ander soek in die inskripsies op hul lywe, skryf ANASTASIA DE VRIES.
Deel
SWEER sal ek nou nie sweer dat daar ’n stukkie Egipte in my bloedlyne sit noudat ek so ougat raak met die klogoed se nuwerwetse hiërogliewe nie. Emoji’s. Nie daai gewone ou bollewang-gesiggietjies nie; dié is net te flou, soos sinne sonder werkwoorde. Ek praat van ’n prentjietaal wat jou agter ’n storie laat aanlóóp, laat dans, pure Egiptenaar.
Kyk, wys my die apiegesiggies waarmee studente deesdae hul e-posnavrae oor dit, dat en die ander volprop, en ek vertel jou hoe desperaat, hoe beangs of opgewonde hulle oor ’n kursuswerkpunt of die naderende eksamen is. Net soms ja, draai ek nog in die rook oor daai handjies wat soos uitroeptekens uit ’n e-pos in jou oog spring. Wat moet ek hieruit aflees, vra ek dan, uit dié klompe handjies? Trek jy pliebaadjie aan en soebat vir nog ’n kans? Klap jy hande vir die uwe (dankie! Dankie! Dankie dan!)? Of roep jy vir my ’n week van gebed uit, pleit die Bloed oor my uit? Hoekom? Vertel, vertel.
Hy’t ’n ruk lank swyend oor die tatoe op sy voorarm gestreel. Dis mooi, het ek gesê. Drie voëltjies op ’n tak. Hul vlerke raak-raak aan mekaar. En een in vlug. “Dis my ma,” het hy gesê. “Sy is dood.” Twee, drie jaar gelede. “En dis my pa, my broer, ek. Hier, hier is ons bymekaar. Vir altyd. Ons gesin.” Nie maar net ’n kunswerk gegraveer in ink op vel nie. Nie maar net vir die mooi, ’n versiersel nie. Jou lewe ingegrif op jou lyf, het ek gesê...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.