Die lesse wat SA nie geweet het hy uit Namibië se verkiesing kan ...

DIE ITULA-VERSKYNSEL

Die lesse wat SA nie geweet het hy uit Namibië se verkiesing kan leer nie

Suid-Afrika is so vasgevang in sy eie dilemmas dat ons een van die interessantste verkiesings tot nog toe in Afrika feitlik heeltemal gemis het. PIET CROUCAMP vertel wat ons uit Namibië se 2019-verkiesing kan leer, onthul die ontstellende politieke en ekonomiese ooreenkomste tussen Suid-Afrika en sy buurland, en verduidelik hoekom Namibië dalk gaan dryf terwyl ons sink.

SUID-AFRIKANERS is so vasgevang in die dramas van ’n dreigende resessie, staatsondernemings wat in sakeredding geplaas word, en die bloedstryd tussen politieke partye om beheer van die metropole se staatskaste dat min van ons kennis geneem het van een van die interessantste verkiesings op die Afrika-kontinent in 30 jaar.

Die verkiesing van 2019 in Namibië het nie alleen ’n aanduiding gegee van hoe ’n bevrydingsbeweging potensieel kan ontbondel nie, maar ook hoe die ontrafelende politieke geografie van dié woestynland en hul suidelike bure soortgelyke politieke tendense reflekteer.

Politieke dryfsand..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.