’n Paar korrupte Namibiërs byt in die sand

FISHROT-SKANDAAL

’n Paar korrupte Namibiërs byt in die sand

Bedankings, afdankings, ministers in aanhouding. Dit klink amper te goed om waar te wees, maar Namibië se korrupsie en staatskoffers wat skuld soos sand het, noop die land tot optrede. ’n Vis vrot immers van sy kop af, skryf JACO VISSER.

DIS nie aldag dat jy hoor twee ministers word eensklaps toegesluit vir korrupsie nie. Voeg daarby die plaaslike hoof van ’n internasionale fondsbestuurder en twee ander groot sakelui, en ’n mens wil-wil begin hoop kry dat korrupsie uiteindelik in Namibië vasgevat word.

Dan kyk ’n mens na die land se geldsake en hoe die regering dit probeer beredder. Dit lees soos ’n riller. Sonder die biljoene rande wat jaarliks vanaf Suid-Afrika na Namibië oorgeplaas word, kan ’n mens net raai hoe dié toerismebestemming daar sou uitsien.

Onthullings oor omkoopgeld..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.