Stem-stem-stem totdat iemand wen

BRITTE TUSSEN DUIWEL EN DIEP BLOU SEE

Stem-stem-stem totdat iemand wen

Dis net een stemmery op ’n ander, maar niemand luister na mekaar nie, skryf DEON GOUWS oor die soveelste verkiesing wat op hande is in die Verenigde Koninkryk. Hy vrees die uiteindelike gevolge van Johnson en sy blatante Brexit-leuens, maar is verreweg die bangste vir 'n Corbyn-meerderheid.

NA raming is daar bykans 20 miljoen Amerikaners wat aan friggatriskaidekafobie – 'n vrees vir Vrydag die 13de – ly.

Ek het geen idee hoeveel mense in die Verenigde Koninkryk (VK) hieraan ly nie, maar ek weet ek is een van hulle: Ek is spesifiek vreesbevange oor die land waarin ek gaan wakker word op Vrydag 13 Desember 2019. Douvoordag daai oggend gaan ons immers 'n goeie idee hê van die stand van politieke sake ná afloop van die vorige dag se algemene verkiesing.

Ja-nee, oor 'n week strompel ons Britte vir die viérde keer stembus toe sedert David Cameron se verrassende verkiesingsege in 2015. As jy in Skotland bly en dié land se referendum oor onafhanklikheid insluit, stem jy inderdaad vir die vyfde keer in vyf jaar. Of sesde, as jy die onlangse Europese verkiesing insluit. En dan praat ek nie eers van die plaaslike, tussen-, prefekte- en kerkraadsverkiesings nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.