Vrou met ’n plan: eers Antarktika toe, dan ’n...

DIE WÊRELD IS ONS WONING NIE

Vrou met ’n plan: eers Antarktika toe, dan ’n eenrigtingkaartjie na die rooi planeet

Die kwantumfisikus Adriana Marais se visier bly gerig op Mars, waar sy die reënboogvlag wil plant, skryf SONNETTE LOMBAARD. Maar eers wag 'n wit-woestyn-winter op haar.

IN metafisika word woestyntydperke as transformasie-oonde of oorsprong-oases van groot gebeure beskou. Presies die rede vir doktor Adriana Marais se komende wit-woestyn-avontuur in een van die mees afgesonderde en onherbergsame plekke op Moeder Aarde.

Marais is die spanleier van die Off-World Team wat vroeg in 2021 vir een jaar na Antarktika sal vertrek sodat hul simulasie-eksperiment kan bewys dat mense met beperkte bronne in uiterste omstandighede kan oorleef. Dis 'n inisiatief van die organisasie Proudly Human, wat Marais vanjaar gestig het ter wille van navorsing en tegnologie gemik op volhoubare lewe op aarde en elders.

Elders is eintlik die kern, want Marais mik na Antarktika se ekwivalent in die buitenste ruim; sy het reeds aangemeld vir 'n eenrigtingkaartjie na Mars en is op koers om as ruimtevaarder deel van die epiese reis na die rooi planeet te wees. As een van 100 finaliste in die derde rondte van die Mars One-projek – 'n globale inisiatief met ruimtevaartmaatskappye wat permanente nedersetting op Mars 'n werklikheid wil maak – het sy 'n sterk kans om eindelik die reis aan te pak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.