Die oase op moedverloor se vlakte

DIENSLOOS

Die oase op moedverloor se vlakte

Die mense van Kenhardt in die Noord-Kaap is raadop weens onbetroubare watervoorsiening, rommelstorting en riool wat langs die pad afloop. En ás daar die slag water is, is dit ondrinkbaar, skryf JACO VISSER.

KENHARDT was van kindsbeen af vir my die Boesmanland se oase. Die karaktervolle kerk in die hoofstraat - op die R27-hoofpad wat Keimoes toe in die een rigting beur en Brandvlei toe in die ander – is tot vandag toe vir my ’n baken: óf dis nog ver Kaap toe óf ek is amper tuis.

Maar Kenhardt, soos die ander dorpe in die provinsie, raak-raak aan die hel se hitte in die somer. Ek weet, want die buurdorp is my grootword-dorp. As die temperatuur so teen 45ºC die leiklippe wil smelt, was daar destyds net een lafenis: water. En vandag is dit vir die meerderheid van die dorp se mense steeds die enigste manier om af te koel.

“Ons water is egter nou in so ’n toestand dat jy nie eers daarin wil bad nie,” sê Barney Scheffers, ’n pensioenaris van Rooiblok in Kenhardt. “Dit lyk asof sewe ouens klaar daarin gebad het.” Hy sê die dokter het gesê die dorpenaars moet die water eers kook voordat hulle dit drink. Maar dan vorm dit ’n afsaksel, verduidelik hy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.