FRANKFORT, die setel van die Mafube- plaaslike munisipaliteit, lê uitgestrek langs die Wilgerivier in die Noord-Vrystaat. Die rivier se vlak is baie laag en die klippe steek plek-plek bo die water uit. Die dorp is op die drumpel van ’n waterkrisis.
Die watersituasie is sodanig dat die munisipale raad ’n spesiale raadsvergadering op 31 Oktober byeengeroep het om ’n oplossing te probeer vind. Raadslede wat die sitting bygewoon het, sê daar is egter geen oplossing gevind nie.
Die Katsedam in Lesotho, die hoofbron van water vir Gauteng, is 13,4% vol vergeleke met 48,4% ’n jaar terug, volgens die departement van water en sanitasie. Daar word tans geen water uit die dam na Suid-Afrika gelaat nie. Die water vloei deur ’n kilometers lange ondergrondse tonnel en val in die Asrivier buite Clarens uit en voed uiteindelik die Wilgerivier en die Vaaldam...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Distriksmunisipaliteite: duur en disfunksioneel