WANNEER jy iemand oor plaaslike munisipaliteite uitvra, is die deuntjie al te bekend: korrupsie, onbevoegdheid en baantjies vir boeties. Om deur so ’n eendimensionele lens na die probleem met die land se plaaslike regering te kyk, beteken dat strukturele probleme in die stelsel geïgnoreer word.
“Ek ontken nie dat ’n klomp munisipaliteite in die moeilikheid is weens swak finansiële bestuur en korrupsie nie,” sê dr. Tracy Ledger, die hoof van die Navorsingsinstituut vir Openbare Sake (Public Affairs Research Institute, of Pari) aan die Universiteit van die Witwatersrand. “Dit blyk die enigste verduidelikende narratief daar buite te wees. As almal maar net hul werk behoorlik gedoen het en nie korrup was nie, sou alles beter gewees het.”
Maar daar’s ook ’n “helse klomp ander faktore” wat bydra tot munisipaliteite se finansiële en diensleweringsprobleme, het sy in ’n onderhoud met Vrye Weekblad gesê. Ledger was ’n medeskrywer aan ’n verslag oor die doeltreffendheid van provinsiale ingrypings in wanfunksionele munisipaliteite. Dié verslag, wat in opdrag van die nasionale tesourie geskryf is, is verlede maand uitgereik...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.