DIT moet die whisky wees, dink ek. En, indien dit wel die Skotse lewenswater is, beter ek seker maak. Hennie Aucamp leer ons immers: “Ja, in vino veritas, maar kan daardie waarheid op eie bene staan?”
Gereed om die waarheid te toets, wil ek ys in die bakkie se vrieskas loop haal, maar hoor weer die leeumannetjie brul. Ek hol van lamppaal tot lamppaal tot binne in die Molopo Kalahari Lodge se kroeg en kom bewend te staan voor die geraamde leeumannetjievel teen die muur gemonteer. Kompleet met die .22-geweer waarmee Sarel Koorzen hom in die middel-80’s tussen die ou Gemsbokpark en die lodge reg langs die grensdraad tussen Botswana en die RSA deur die Jordaan gestuur het.
“Hoe’t hy geklink?” vra 'n drinker en druk sy hoed agteroor sodat sy voorkop – die wit streep onder die hoed se band en die songebrande deel onder – two-tone soos sy hemp wys...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.