DA, dis tyd om te besluit waarvoor julle staan

KOMENDE BELEIDSKONFERENSIE

DA, dis tyd om te besluit waarvoor julle staan

Voor die kies van 'n nuwe leierskapstruktuur in 2020 gaan die DA verskeie brandende kwessies moet debatteer en uitstryk, van ortodokse liberalisme tot sogenaamde nierassigheid. Helen Zille en John Steenhuisen gaan ook hul beleidsverskille aan die groot klok moet hang. PIET CROUKAMP het die saak bekyk.

Die DA wil teen April 2020 nuwe leierskap verkies, maar dit is eerder die voorafgaande beleidskonferensie wat die politieke oorlewing van Suid-Afrika se enigste “liberale" party gaan bepaal. Die beleidskonferensie is ook die terrein waar Helen Zille en John Steenhuisen  hul beduidende beleidsverskille aan die groot klok gaan hang voor 'n partykonferensie wat toenemend krities staan jeens die leierskap.

Wat presies beteken nierassigheid in 'n land soos Suid-Afrika? Is dit soos die reënboognasie; 'n esoteriese hersenskim wat periodies die pynlike werklikhede van ongelykheid, werkloosheid en armoede onder die mat insleep? Is dit moontlik om beduidende steun te werf vir 'n beleidsregime – of om 'n verkiesing te wen – in 'n land soos Suid-Afrika, indien ras as 'n indikator van ekonomiese welvaart of politieke status geïgnoreer word? 

Meriete?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.