Party Afrikane byt (nog?) nie aan dié Chinese media-cuisine

SAL DIT VASTRAPPLEK KRY IN DEMOKRASIE?

Party Afrikane byt (nog?) nie aan dié Chinese media-cuisine

Die toenemende teenwoordigheid van China in die Afrika-medialandskap en -kuberruim word dikwels beskou as 'n teken dat dié draak sy propagandavleuels oor die kontinent wil sprei. Amerika se onlangse bewerings dat China hul Huawei-selfone wil gebruik vir spioenasie pas in die teorie en word deur sommiges beskou as 'n teken van 'n nuwe Koue Oorlog rondom digitale en mobiele tegnologieë wat aan die broei is, skryf HERMAN WASSERMAN.

HIERDIE kwessies word nou weer geopper deur Iginio Gagliardone, verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, in sy nuwe boek China, Africa and the future of the internet (Zed Books, 2019). Gagliardone se ondersoek na die rol van hierdie supermoondheid in Afrika se ontwikkelende informasie-samelewing sluit aan by 'n groeiende akademiese literatuur oor China-Afrika-verhoudings, en meer spesifiek by die toenemende aandag aan die uitbreiding van China se invloed oor die media.

Oor rofweg die afgelope dekade was daar 'n duidelike toename in die aantal Chinese media-instellings in staatsbesit wat hulle in Afrika kom vestig het. Nairobi het veral die basis geword vanwaar Chinese media soos China Central Television Africa (CCTV Africa) – onlangs herdoop tot China Global Television Network Africa (CGTN Africa) – en China Radio International (CRI) hul aktiwiteite op die vasteland koördineer.

Die nuusagentskap Xinhua het omtrent 28 buro’s oor Afrika heen gevestig en die koerant China Daily se Afrika-uitgawe word sedert 2012 gepubliseer. China het ook reeds tegniese en infrastruktuursteun gebied aan die media- en telekommunikasiebedryf in verskeie Afrikalande soos Nigerië, Malawi, Zambië, Zimbabwe en Ekwatoriaal-Guinee...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.