Ramaphosa het nou speelruimte om die ekonomie te red, maar...

EKONOMIESE GROEI

Ramaphosa het nou speelruimte om die ekonomie te red, maar gaan hy dit benut?

Die president het die ideale omstandighede om ’n ideologiese politieke skuif te maak om die land uit die ekonomiese stormwaters te stuur, meen PIET CROUCAMP.

DIE laaste paar maande al vergader die kredietgraderingsagentskappe en die Wêreldbank periodiek met die tesourie en ’n smorgasbord amptenare van verskeie staatsdepartemente.

Die Ramaphosa-regime, wat die minister van finansies, Tito Mboweni, en die Reserwebank se Lesetja Kganyago insluit, het weinig twyfel oor wat Suid-Afrika moet doen om ’n afgradering na “ekonomiese gemors” van ons buitelandse skuld te vermy.

Ironies genoeg is dit net sowat 10% van ons totale skuld van ongeveer 3.2 triljoen rand wat “junk” is, maar die onvermoë om ons buitelandse skuld te delg, vertel ook ’n somber verhaal van die produktiwiteit en kragtigheid van die nasionale ekonomie. Die Suid-Afrikaanse ekonomie is nou soos ’n Eskom-kragstasie: te oud om te verkoop, te moedeloos om in stand te hou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.