KLIP IN DIE BOS | Moet Zuma se verhoor nog voortgaan?

SA KAN NIE NÓG ’N FIASKO BEKOSTIG

KLIP IN DIE BOS | Moet Zuma se verhoor nog voortgaan?

Met Jacob Zuma se vrylating op mediese parool gons die land weer oor die effektiwiteit van ons regstelsel, en dit het tyd geword om ernstig oor die lewensvatbaarheid van Zuma se korrupsieverhoor te herbesin, meen LAURIE GREYVENSTEIN.

EK was van meet af ten gunste van 'n proses van herstellende geregtigheid as alternatiewe meganisme om Zuma se wanverskyningsaak voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te hanteer, maar dit het geen aansporing vir hom ingehou nie aangesien dit van sulke deelnemers verwag word om hulle volle samewerking te gee, iets wat Zuma nie wou doen nie. Verder word dit van “oortreders" verwag om verantwoordelikheid vir hul dade te neem, ook iets wat Zuma voortdurend ontken. 

Wat sy vonnisoplegging betref, was ek van ook meet af ten gunste van 'n voorwaardelike opskorting, soos 'n boete of gevangenisstraf of 'n kombinasie daarvan met die voorwaarde dat hy voor of op 'n gegewe datum sy opwagting by die kommissie sou maak. Dit sou hom dan in beheer van sy vonnisoplegging plaas indien hy nie by die vonnisvoorwaardes sou hou nie, maar dit is nou water onder die brug deur en die res is geskiedenis.

Wat daarna gevolg het was totale anargie, veral in die omgewing waar hy nog 'n sterk magsbasis geniet. My vraag is eenvoudig of die kole die sous werd is om nog met die korrupsie-verhoor teen Zuma voort te gaan, gesien in die lig van die omstandighede wat ná die vorige gevangesetting veral in KwaZulu-Natal gebeur het. Onberekenbare skade is aangerig, lewensverlies is gelei, besighede is permanent gesluit, werkloosheid is aan die orde van die dag, onskuldiges ly daaronder en die Covid-19-infeksies het die hoogte in geskiet. Suid-Afrika kan eenvoudig nie nog so fiasko bekostig nie. Die strafregstelsel van die polisie, die vervolgingsgesag tot die regbank en korrektiewe dienste het erg deurgeloop. Ek twyfel nie dat hierdie instansies individueel en afsonderlik die belofte van goeie regspleging inhou nie, maar die verval van die stelsel as gevolg van staatskaping is duidelik sigbaar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.