Jy en net vyf boeke alleen op ’n eiland

STOF TOT NADENKE

Jy en net vyf boeke alleen op ’n eiland

Jy moes al iewers hierdie tipe vraag teëgekom het: Jou skip sink en jy is alleen op ’n eiland gestrand. As jy net vyf boeke, mense of items kon kies om saam te neem, wat sou jou keuse wees? In dié geval wil DOUW KRÜGER weet watter vyf boeke jy sou saamneem. Dis vir mooi kies, hoor! Hier is sý topvyf.

ALLE lesers heg nie dieselfde waarde aan ’n boek nie. Dis ’n feit soos ’n koei. Ek het White Fang se Afrikaanse weergawe in my laerskooljare minstens vyf keer gelees, terwyl my vriend wat ook ’n leser en hondeliefhebber was, dit een keer gelees het en dit was dit. Die enigste gemene deler(s) van skryf en lees is taal en spelreëls. En selfs dít het krake in. Die res is so persoonlik soos vingerafdrukke.

Baie van ons het al die volgende tipe vraag teëgekom: “As jou passasierskip sink met jou as die enigste oorlewende en jy kan vyf boeke, vyf mense of vyf resepte na die naaste eiland saamneem, watter vyf sou dit wees?” ’n Lekker onderwerp. Maar dié keer gaan dit net oor boeke, met die klem op fiksie of boeke oor lewenservaring.

Dink jou die toneel in. ’n Eiland in die Stille Oseaan so groot soos ’n tennisbaan met twee kokospalmbome. Watter vyf boeke uit die skip se biblioteek wil jy red en met jou rug teen een van die bome sit en lees totdat daar oor ’n jaar of twee ’n skip oor die horison verskyn? En natuurlik weer en weer lees, want vyf boeke lees jy binne 10 dae deur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.