(Shell + die Wildekus + gevestige belange) vs. (The People):...

#savethewildcoast

(Shell + die Wildekus + gevestige belange) vs. (The People): ’n toetssaak

Om te verstaan hoe dit moontlik is dat Suid-Afrika ná pres. Cyril Ramaphosa se uitdruklike verbintenisse by Cop26 gaan toelaat dat 'n multinasionale maatskappy langs 'n stuk ongerepte kus vir gas en olie prospekteer, moet ons 'n hele paar kloutjies by die oor kry, skryf ANNELIESE BURGESS.

KOM ons draai die horlosie terug na Jacob Zuma se staatsrede in 2014. 

Hy maak met groot fanfare 'n aankondiging oor Operasie Phakisa (https://www.operationphakisa.gov.za/Pages/Home.aspx) (“maak vinniger” in Sesotho). Dit is 'n grandiose regeringsplan vir ekonomiese ontwikkeling deur die ontwikkeling van alles en nog wat (van klinieke en tegnologie tot toerisme en landbou). Een van die belangrikste elemente is om die “ekonomiese potensiaal van Suid-Afrika se oseane te ontsluit".

Zuma verwys na die “massiewe onontginde potensiaal" en hoe die oseane teen 2033 tot soveel as R177 biljoen tot die land se BBP sou kon bydra met “maritieme vervoer en vervaardiging, waterkwekery, mariene beskermings- en bestuursdienste, en eksplorasie vir gas en olie"...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.