ELKE finansiële direkteur wat verlede week besonderhede van die JSE se optrede teen Ben la Grange gelees het, sou ’n rilling in die ruggraat gevoel het. Elkeen van hulle weet dat as húlle ’n leuenagtige, narsistiese baas soos Markus Jooste gehad het, daardie boete net sowel hulle eie kon gewees het.
Die JSE se bevinding het blootgelê hoe La Grange deur Jooste om die bos gelei is om ’n enorme faktuur goed te keur en sodoende ’n verlies vir Steinhoff na ’n stewige wins laat lyk het. Dis ’n kritieke verwikkeling, want dit is die eerste keer dat die JSE ’n regstreekse vinger na Jooste wys – en dit vir ’n allemintige R376 miljoen.
Dis ’n verhaal van verbysterende korporatiewe bedrog wat verdien om ’n gevallestudie in sakeskole te wees...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.