Luister na die locals

ALGAANDE WORD ’N MENS WYS

Luister na die locals

As jy ’n nuwe intrekker in Botswana is, moet jy jou liefs nie slimmer hou as die plaaslike bevolking nie. Veral as jy ’n groen grasperk begeer, skryf WILNA ADRIAANSE.

GESOUTE reisigers en mense wat gereeld tussen huise, dorpe, stede en lande verhuis, sal jou aanraai om so gou moontlik die locals te leer ken, veral diegene wat al ’n paar sakke sout daar opgeëet het. As hulle daar grootgeword het, soveel te beter. Vind uit waar hulle eet, drink, koop en uithang. Dokters, skole, motorwerktuigkundige, haarkapper, die hele kaboedel.

Wanneer jy reis, is dit gerieflik om te weet waar jy die varsste croissant, romerigste kaas en goedkoop, maar lekker wyn kan koop. Watter markte is outentiek en watter is toeriste-slagysters. In watter agterstrate en stegies wag daar skatte en watter is slegs ’n agterstraat of steeg. Selfs in die beeldskone Italië is elke dorp nie deur die Romeinse gode gebou nie. En ’n klein hotel met blombakke in sy vensters in ’n weggesteekte straatjie om die hoek van die Wit Huis in Washington D.C. is nie noodwendig ’n juweel nie.

Dis nie asof die pêrels in jou skoot val nie. Reisigers sal vir jou sê dit verg soms harde werk en meer as een besoek om ’n bestemming se geheime te ontdek. Daarom waak sommiges oor die ontdekkings asof dit die kroonjuwele is. Niemand wil verantwoordelik daarvoor wees dat ’n vol bus met rumoerige toeriste op ’n dag by ’n goed bewaarde geheim stop nie. Om die geheim te help bewaar laat voel jou in ’n mate asof jy ook behoort...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.