EK lees nou die dag Australiese wetenskaplikes werk aan ’n projek om die Tasmaanse tier, ’n lelike uitgestorwe dierasie, te herskep met die DNS van ’n hedendaagse buidelmuis, en, as ek reg onthou, die onbeskofte Aussie-tennisknaap Nick Kyrgios.
Kyrgios, vir dié wat nie weet nie, is al meer kere beboet vir sy aanganerye as enige ander speler. Hy skel en skree tydens sy wedstryde op skeidsregters, lynregters, baljoggies, sy afrigter en die toeskouers – selfs sy eie juigkommando.
Die Tasmaanse tier was ’n buideldier. Ek weet min van hierdie goed, so die eerste prentjie in my kop was van ’n tipe kangaroe, maar met gevaarliker tande. Toe nie. Hierdie outjie was heelwat meer eksoties...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.