MY broer Hennie moet hom mos altyd slim hou. Hy sê nou die dag as die mens uit klei geskape is, sou ons uit silikon eerder as koolstof bestaan het. “Wag ’n bietjie,” sê ek toe, “wag, wag. Twee van my vriendinne bestaan uit ten minste 50% silikoon. Wat sê jy dáárvan?”
Dit het sy mond gesnoer vir twee en ’n half sekondes. Terwyl hy sy oë rol. Daarna gaan hy toe aan en aan oor die verskil tussen silikon en silikoon. Ek het nie juis na die nadere besonderhede geluister nie, maar, kortom, die een is die boustof van sand en klippe en klei, die ander die boustof van Pamela Anderson. Wel, sê ek, koolstof sou ook nie vir dáái gewerk het nie, so eintlik stem ons saam.
Die gesprek het op Facebook (waar anders) begin. Ek en Hennie het ’n slag oor ’n ander ding ook saamgestem. Ons was meegesleur deur die wonderskone foto’s wat die James Webb-teleskoop aarde toe gestuur is. Dié teleskoop laat ons verder die verlede inkyk as ooit tevore. Meer as 13 duisend miljoen jaar ver. Baie van die hemelliggame wat ons met die hulp van dié teleskoop kan fotografeer, bestaan nie meer nie; al wat ons sien, is die lig wat hulle doerietyd uitgestraal of weerkaats het. Blablabla...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
SOLANK DIE SOMME KLOP
Johannes die Doper en die liegteleskoop
Een van die beter boeke wat TINUS HORN al gelees het, was deur 'n treinvenster op pad Skotland toe.
Deel
MY broer Hennie moet hom mos altyd slim hou. Hy sê nou die dag as die mens uit klei geskape is, sou ons uit silikon eerder as koolstof bestaan het. “Wag ’n bietjie,” sê ek toe, “wag, wag. Twee van my vriendinne bestaan uit ten minste 50% silikoon. Wat sê jy dáárvan?”
Dit het sy mond gesnoer vir twee en ’n half sekondes. Terwyl hy sy oë rol. Daarna gaan hy toe aan en aan oor die verskil tussen silikon en silikoon. Ek het nie juis na die nadere besonderhede geluister nie, maar, kortom, die een is die boustof van sand en klippe en klei, die ander die boustof van Pamela Anderson. Wel, sê ek, koolstof sou ook nie vir dáái gewerk het nie, so eintlik stem ons saam.
Die gesprek het op Facebook (waar anders) begin. Ek en Hennie het ’n slag oor ’n ander ding ook saamgestem. Ons was meegesleur deur die wonderskone foto’s wat die James Webb-teleskoop aarde toe gestuur is. Dié teleskoop laat ons verder die verlede inkyk as ooit tevore. Meer as 13 duisend miljoen jaar ver. Baie van die hemelliggame wat ons met die hulp van dié teleskoop kan fotografeer, bestaan nie meer nie; al wat ons sien, is die lig wat hulle doerietyd uitgestraal of weerkaats het. Blablabla...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelTinus Horn
SkrywerTinus skryf novels en maak prentjies. Hy was 'n ruk lank sportredakteur by die oorspronklike Vrye Weekblad.